Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 7:11: “As hierdie priesterskap volmaaktheid kon bewerk, waarom was dit dan nog nodig dat ’n ander priester ... aangestel moes word?”
Friedrich Schleiermacher, die filosoof en teoloog, het geglo dat Jesus uniek was omdat hy ’n diepe en perfekte bewussyn van God gehad het. Boonop het Jesus die vermoë om ons te help om dieselfde diepe verbintenis met God te hê.
Die Jode wou weet wat Jesus uniek maak. Die skrywer verduidelik dat Jesus gekom het om ’n gaping te vul wat die wet nie kon nie. Die Levitiese priesterskap was onvolmaak (7:27). Die wet van Moses het gesê dat alle lede van die Levitiese stam as priesters moes dien en offers moes bring. Hierdie offers was egter onvoldoende (7:11). Gevolglik moes die bestaande reëls hersien en met iets nuuts vervang word.
Toe kom Jesus. Hy het uit die stam van Juda gekom. Hy was die unieke nuwe priester wat God gekies het. Hierdie priesterskap word deur die onbreekbare lewe wat uit Jesus vloei, bevestig (7:16). Dit is gewortel in sy opstanding uit die dood en die gawe van lewe wat Hy aan ons skenk. Hierdie nuutgevonde hoop stel ons in staat om God, deur Jesus, die perfekte priester, te nader (7:19).
Jesus is uniek. Hy het die pad vir ons oopgemaak om ’n direkte verhouding met God te hê. Ons kon dit nie doen nie. Geen wet kon dit bereik nie. Jesus het dit gedoen. Dit maak Hom uniek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie