Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Spreuke 27:6: “Op ’n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.”
Met ’n vriend soos jy, het ek nie ’n vyand nodig nie! Ons sê gewoonlik dit wanneer ’n vriend iets doen wat ons seermaak.
Ons het almal vriende deur dik en dun nodig. Ons moet daarom oop wees om deur ons vriende beïnvloed te word. Vriende is soos yster wat teen yster skuur (27:17). Hulle maak die growwe kante in my lewe glad. Ek help hulle weer om die growwe kante in hul lewe glad te maak.
Hoe doen ons dit? Dis so moeilik om met ’n vriend te verskil of hulle selfs tereg te wys. Soms moet ons net eerlik met mekaar wees. Soms moet ons openlik met mekaar verskil.
Vriendskap beteken om eerlik te wees. Ons doen dit deur mekaar aan te moedig, mekaar lief te hê en te sê wat ons dink. Soms is dit nodig om selfs dinge te sê wat dalk seermaak. Ons doen dit omdat ons mekaar liefhet en omdat ons weet ons kan mekaar help om meer soos Christus te word.
Here God, dankie vir vriende wat my lewe help vorm. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie