No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Hebreërs 12:11: “Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie. . . Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ’n goeie vrug.”



Aristoteles het gesê: “Die wortels van opvoeding is bitter, maar die vrugte is soet.” Hebreërs eggo hierdie gedagte.

Alhoewel lyding vir Christus moeilik kan wees, is dit belangrik om te weet dat ons nie alleen op hierdie reis is nie. Soos ’n liefdevolle vader, is die Here daar om ons deur hierdie moeilike tyd te lei en om ons te help verstaan hoekom ons daardeur gaan. Hy help ons om sterker en meer gedissiplineerd te word deur hierdie swaarkry.

Dit is veral belangrik vir mense wat moeg en mismoedig op die geloofspad voel. Wanneer ons besef dat God hierdie uitdagende ervarings gebruik vir ons heiligmaking, kan dit ons perspektief op lyding verander van iets negatiefs na iets positiefs.

Kom ons bemoedig mense wat geestelik moeg is. Kom ons herinner hulle dat baie mense soortgelyke paaie geloop en krag in hulle stryd gevind het. Ons kan hulle aan Jesus herinner: Hy het reeds die wedloop vir ons voltooi en is by ons wanneer dinge moeilik is (Hebreërs 12:3). Ons weet dalk nie presies wat die einde is nie, maar as ons op God se plan vir ons heiligheid en dissipline fokus, kan dit ons versterk (Hebreërs 12:12).



Here, help my om u doel vir my lewe te sien. Amen!

Kommentaar

Republikein 2025-06-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer