Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 12:7: “Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien ’n kind wat nie deur sy vader getug word nie?”
Lyding vir ons geloof is ietwat vreemd. Die meeste van ons woon in lande waar Christenwees nog aanvaar word. Ons kan vrylik ons oortuigings oor God se genade in Christus deel. Alhoewel daar ateïste en skeptici mag wees wat nie saamstem nie, mag ons daaroor praat.
Dit was nie altyd die geval in die vroeë kerk nie. Ons weet dat sommige van die lesers van hierdie brief gely het. Hulle is bespot en selfs gevange geneem (12:35,36). Daarom moedig die outeur hulle aan om na Jesus te kyk (12:3). Hy self het vyandigheid in die gesig gestaar, maar het tot die einde getrou gebly (12:3). As hulle hul oë op Hom hou, sal hulle nie moedeloos word en moed opgee nie.
Hy deel egter ’n unieke perspektief op lyding. Hy praat nie van algemene lyding nie, maar van lyding ter wille van Christus. Hulle moet hierdie lyding in die lig van God se liefde vir hulle plaas. Dis nie ’n vreemdeling se liefde nie. Dis ’n vader se liefde vir sy kinders.
God gebruik hierdie lyding om dissipline te leer. Dit is moeilik, maar soms het ons ook hierdie perspektief nodig wanneer ons ter wille van Hom ly.
Here, laat my ook u hart van liefde sien in die lyding ter wille van U. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie