Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jakobus 1:26: “As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.”
Ferdinand Deist sê dat mense voor God tel. Ons tree as sy verteenwoordigers op wanneer ons sy kinders dien: “Dan moet ons almal eenders behandel. Dit is hierdie onpartydige eerlikheid wat die Bybel geregtigheid noem. Daarteenoor staan valsheid. En dit word deur God verbied.”
Jakobus beklemtoon die krag van die tong in die vorming van ons geloof en dade (Jakobus 1:19-27). Om die Woord van God te hoor, vereis geloof en hierdie geloof word gewys in dade wat liefde en medelye bevorder. Selfsugtige begeertes staan in stryd met God se wysheid (Jakobus 3:14-16). Ware geloof roep ons ook op om diskriminasie te verwerp en te erken dat uiterlike voorkoms in God se oë nie iemand se waarde bepaal nie (Jakobus 2:1-9).
Jakobus beklemtoon die eenheid van geloof, dade en liefde. Wanneer hierdie eenheid verbreek word, is ons lewe soos ’n fontein wat beide skoon en bitter water voortbring en ’n vyeboom wat olywe dra (Jakobus 3:11-12). Woorde is deel daarvan. Woorde het krag – hulle kan ophef of afbreek.
Ware wysheid van bo bevorder vrede en harmonie. en verheerlik God. ’n Los tong vernietig verhoudings en beskadig ons verbintenis met Hom (Jakobus 3:17-18). Egte geloof is wanneer ons woorde en dade in pas is met God se liefde en genade.
Here, laat my tong en lewe U en die mense wat ek vandag ontmoet, eer. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie