Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 20:16: “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie.”
’n Paar dekades gelede het ’n lewensversekeringsvereniging ’n opname gedoen om die openbare mening oor eerlikheid te bepaal. Hier is die volgorde volgens die publiek: predikante en dokters, bankbestuurders, polisie, lewensversekeringsagente, joernaliste, prokureurs, eiendomsagente, politici en uiteindelik tweedehandse motorhandelaars. Mediadekking kan die openbare mening beïnvloed. Vandag sal die rangorde heelwat anders lyk.
Die Negende Gebod beklemtoon integriteit. Kan ons vertrou word? Is ons woorde, dade en houdings betroubaar? ’n Belydenis uit die 16de eeu sê dat ons valse getuienis, leuens, laster en bedrog moet vermy. Dit is werke van die duiwel. Ons word geroep om die waarheid lief te hê, opreg te wees en ons naaste se eer te verdedig.
In die Ou Testament het hierdie gebod hoofsaaklik betrekking op getuienis in hofsake (Eksodus 23:1-3; Levitikus 19:15,16). Valse getuienis was lewensgevaarlik. Dit was ’n oortreding teen God self. Die Here verafsku leuenaars en is lief vir betroubare mense (Spreuke 12:22; 19:5). Leuens stel ander se reputasie, waardigheid en selfs hul lewens in gevaar. Dit kan ernstige skade veroorsaak.
Geregtigheid en onpartydigheid is ’n Christelike leefstyl. Om iemand lief te hê, kan lei tot partydigheid, terwyl apatie kan lei tot stilswye of verberging van die waarheid. Oneerlikheid ondergrawe vertroue en integriteit. Waarheid is noodsaaklik vir geregtigheid en menswaardigheid. Die gebod roep ons op tot eerlikheid op elke gebied.
Here, maak ons betroubaar, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie