Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Maleagi 3:10: “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe... en toets My hierin... Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.”
Baie van ons huiwer om ons geld weg te gee. Ons spaar vir moeilike tye, maar bestee dikwels meer aan vermaak as aan God se werk. As volgelinge van Christus word ons geroep om deur geloof te leef en te vertrou dat Hy sal voorsien.
In Maleagi se tyd het die mense hulle tiendes verwaarloos. God sien dit as diefstal (Mal. 3:8-9). God nooi hulle uit om Hom te toets deur te gee. Dit beteken om Hom te vertrou. Vrygewigheid vir sy saak in die wêreld is sy wil. Dan leer en verstaan ons dat Hy ons voorsiener en beskermer is.
Dit gaan daarom nie net oor geld nie. Dit gaan oor ons ingesteldheid en ons bereidwilligheid om deel te neem aan sy koninkrykswerk. As ons nie God se werk en mense ondersteun nie, beroof ons Hom van wat Hom toekom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie