Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Efesiërs 5:21: “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.”
In vandag se kultuur kan die woord “onderdanigheid” verkeerd verstaan word. Dit word dikwels gesien as ’n teken van swakheid of oorheersing. In Bybelse konteks gaan onderdanigheid egter oor nederigheid, diens en liefde – met Christus as die perfekte voorbeeld daarvan. In Bybelse tye is vroue dikwels as ’n man se eiendom beskou. Tog bevestig God se oorspronklike plan in Genesis 1:27 dat mans en vroue saam na sy beeld geskape is. Vroue is net so waardevol soos mans en is in ’n vennootskap met haar man om God se beeld te vertoon.
Efesiërs 5 fokus egter op die man se verantwoordelikheid. Christus is die hoof van die kerk omdat Hy sy lewe daarvoor gegee het. Sy hoofskap word gekenmerk deur opofferende liefde, nie beheer nie. ’n Man se rol is om Christus se liefde te weerspieël – sy lewe vir sy vrou af te lê, haar te dien en te lei met nederigheid en opofferende liefde.
’n Bybelse huwelik gaan oor wedersydse onderdanigheid – beide persone erken Christus se heerskappy. Wanneer beide man en vrou hulle aan Christus onderwerp, is dit ’n verhouding gebou op respek, liefde en nederigheid – nie oorheersing of onderdanigheid nie.
Augustinus het opgemerk dat die vrou uit die man se sy geskape is. Dit beteken dat sy nie oor die man heers of sy slaaf is nie, maar sy gelyke en metgesel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie