Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Kolossense 3:13: “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar... Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.”
Samuel Taylor Coleridge het grappenderwys opgemerk dat ’n gelukkige huwelik tussen ’n dowe man en ’n blinde vrou is.
Ja, elkeen gaan die huwelik binne met ons eie bagasie wat bepaal hoe ons liefhet en hoe ons liefde verstaan en ontvang. Soms voldoen ons nie aan ons maat se verwagtinge nie en doen ons dinge wat hulle wegstoot.
Langdon Mitchell het opgemerk die huwelik is drie dele liefde en sewe dele vergifnis van sonde. Mense wat die Here volg, loop die pad van die kruis. Dit kos selfverloëning en nederigheid. Paulus herinner ons om geduldig en vergewensgesind met mekaar te wees, net soos God ons deur Christus vergewe het (Kolossense 3:13).
Jesus het daardie pad van vergifnis geloop, ons genees en ons nuut gemaak. Wanneer ons kies om mekaar te vergewe soos Christus ons vergewe het, stap ons dieselfde pad van genade en vernuwing.
Die huwelik gaan nie oor twee perfekte mense nie, maar oor twee gebroke mense wat op ’n reis van genesing, genade en transformasie is.
Paul Tournier beskryf die huwelik as ’n vennootskap wat bedoel is om elke persoon te help om hul volle potensiaal te bereik as verantwoordelike, onafhanklike individue wat die lewe met moed tegemoet gaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie