Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 13:9,10: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.
Die laaste ses van die Tien Gebooie gaan oor ons liefde vir ons medemens. Die Tien Gebooie maak hierdie punt: ons lewe voor God is onlosmaaklik aan ons liefde vir mekaar verbind. Elke dag, elke oomblik wanneer ons met God se mense te doen het, het ons ook met God te doen. Jesus sê dat die tweede tafel van die wet (die laaste ses van die Tien Gebooie) gelykstaan aan die eerste tafel (die eerste vier gebooie oor die liefde vir God) (Matt 22:37-40).
Paulus skryf dat “Al die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie, of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat” (Romeine 13:9) – liefde vir mekaar. Johannes sê dit is onmoontlik om te sê dat ons God liefhet en dan ons medemens haat (1 Joh 4:20,21).
Die Tien Gebooie maak dit duidelik dat ons saamlewe met ander mense ’n uitdrukking is van ons saamlewe met God. Wanneer ons verhouding met God verslap, ons geloofslewe kwyn, ons nie meer saam met gelowiges aanbid nie en die kennis van God se woord afneem, word die samelewing negatief beïnvloed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie