Bybelse wysheid
DR. ANNEs NEL
Eksodus 20:7: “Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie.”
John Durham skryf dat ons die Here se naam nie met respek behandel wanneer ons Sy gawes as vanselfsprekend aanvaar, Sy krag onderskat en Sy teenwoordigheid belaster nie. Die manier waarop ons dus in sy naam leef, sy naam aanroep en sy naam gebruik wys of ons God werklik eer of nie.
Ons samelewing gee nie om vir God se naam nie. In sy Naam word gevloek, gelieg (howe en kerke) en gemoor. Dit gebeur wanneer ons onder eed ’n leuen vertel, misbruik ons sy Naam. In die Naam van die Here maak ons beloftes en verbreek dit dan. Dit gebeur omdat ons nie besef dat ons altyd in sy teenwoordig is nie.
Herman Veldkamp vra waar die meeste gevloek word. In die kerk of die kroeg? In kerkvergaderings of op straat? Om sy Naam te misbruik is om te leef asof Hy nie teenwoordig is nie. Dit gebeur in kerke en tydens eredienste. Ons sing ons liedere, maar dink nie wat ons sing nie. Ons wil net “lekker” sing. Ons sing met harte wat ver van God af is.
Johan Cilliers skryf dat ons soms teoreties sing. Dit raak ons nie wat ons sing nie. Die oortreding van die derde gebod sluit ook hierdie soort onbetrokkenheid in, skryf hy. Immers, Hy is teenwoordig. Oral en altyd.
Here, laat my lewe u Naam eer. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie