Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 20:2: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.”
Volgens ’n Rabbynse legende het God die Tien Gebooie aan alle nasies aangebied, maar hulle het dit van die hand gewys. Volgens hierdie tradisie is hierdie gebooie in die woestyn gegee, buite enige nasionale grense. Dit beklemtoon die universele betekenis daarvan. Volgens die legende is al die gebooie gelyktydig in elke taal vertaal.
Dis interessante legendes. Dit is ook waar dat baie van die gebooie interessante parallelle in ander kulture het. Dit is egter duidelik dat hierdie gebooie spesifiek vir God se mense bedoel is. Die eerste vyf gebooie word omraam met die frase “die Here jou God”.
Die laaste vyf noem die Here glad nie. Volgens Sarna is die eerste deel van die Tien Gebooie uniek aan Israel, terwyl die laaste deel in die Antieke Nabye Ooste voorkom. Nietemin, God se mense het geweet dat die God wat hulle bevry het ook hierdie laaste gebooie gegee het.
Christene is nou God se mense deur sy genade in Christus. Die bevryding deur Christus sluit aan by die bevryding uit slawerny. Ons is bevryde mense deur sy genade. Hierdie bepaal nou ons interaksies met nasies, die natuur, buitelanders en mekaar. Dit is slegs wanneer ons God aanbid in dankbaarheid vir sy bevryding dat ons werklik betekenisvol in hierdie verhoudings kan betrokke wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie