Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
1 Pet 5:7: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”
Energie is baie kosbaar. Ongelukkig mors ons dit dikwels op sinnelose dinge. Een daarvan is ons bekommernisse. Jy is soms bekommerd oor iets waaraan jy eintlik niks kan doen nie. Jy en ek weet nie of ons môre dalk dood is nie. Om ons daaroor te bekommer, gaan tog nie regtig help nie. Jesus sê dat ons ons lewe nie met ? enkele uur kan verleng deur ons daaroor te bekommer nie (Mat 6:27). Moenie jou energie mors op bekommernis nie. Dit verteer alles. Jy het jou energie nodig om vandag sinvol te leef. Laat staan jou drang na beheer oor alles. Laat dit aan die Here oor. Hy sal sorg (Ps 37:5).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie