Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 10:29: “Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: ‘En wie is my naaste?’”
Die Jode het geglo dat mense buite hulle gemeenskap nie as hulle naaste beskou word nie. In die Midrash oor Rut staan: “As ’n heiden in doodsgevaar verkeer, is jy nie verplig om hom te help nie. As een in die see val, hoef jy hom nie te red nie. Hulle is nie jou naaste nie.” Dit weerspieël die algemene siening gedurende Jesus se tyd: jy het jou naaste lief en haat jou vyand (Matteus 5:43).
Wanneer die wetgeleerde vra: “Wie is my naaste?” wou hy homself regverdig (10:29). Hy wil hê Jesus moet bevestig dat slegs landgenote en vriende sy naaste is, sodat hy kan spog met sy nakoming van die wet (Ibn al-Tayyib). Hy wou gerus gestel word dat hy aan die wet se vereistes voldoen.
Die gelykenis van die man wat deur rowers aangeval is, illustreer ons onwilligheid om behoeftiges te help. Ons prioritiseer ons eie voorkeure en begrotings, kyk anderpad wanneer ons die nood sien en kies om verby mense in nood te stap soos die priester en Leviet.
Om God lief te hê is om mense in nood te versorg, ongeag ons tradisies en voorkeure.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie