Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 5:21: “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.”
Luther het gepraat van die wonderlike ruil – Jesus, wat sonder sonde is, neem ons plek voor God. God behandel Hom as ’n sondaar (5:21), sodat ons vrygespreek kan word. Al ons pyn en lyding as gevolg van die laste van ons verlede is begrawe.
God het die wêreld met Homself versoen (5:18-19) en vrede gebring toe ons dit nie kon of wou soek nie. Hy het sy Seun gewillig in die dieptes van ons sonde gestuur, van Kersfees tot Goeie Vrydag.
Hierdie buitengewone genade is na jou hemelse rekening oorgeplaas omdat jy deel is van die versoende wêreld (5:19). Wanneer God na jou kyk, is dit asof jy vir al jou sondes betaal het (5:14). Dit is die krag van Jesus se offer. Die genade is doeltreffend omdat God self dit gedoen het. Hy het ’n nuwe orde gebring (5:17,18). Hy het ons sondes versoen (5:18) en hou ons oortredinge nie meer teen ons nie (5:19). Dit is nie ’n toekomstige moontlikheid nie. Dit is seker, verseël met die bloed van Jesus Christus! Aanvaar vandag hierdie gawe met dankbaarheid!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie