Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 15:9: “Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik. . .”
Jesus se koms na die wêreld was nie toevallig nie. Dit is die hoogtepunt van God se beloftes wat oor eeue gemaak is, volgens Paulus. God het beloftes aan Israel gemaak en Jesus se koms het op kragtige wyse God benadruk dat God getrou en betroubaar sy beloftes nakom.
As ’n Jood kon Paulus daar gestop het, aangesien sy mense die ontvangers van God se beloftes was. Paulus besef egter dat God se verbond met Israel 'n groter betekenis het – om alle nasies deur Abraham te seën. Hy haal die Ou Testament aan om te wys dat God nie net die God van Israel is nie, maar van alle mense. God se hart het plek vir die ongelowiges en gelowiges.
Die omvang van God se liefde roep ons almal op om voor Hom te buig, net soos in die Ou Testament toe sy toewyding aan sy mense ander na Hom getrek het. God se liefde in Christus lok vandag mense van alle nasies na die Here toe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie