Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 60:20: “Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou ’n ewige lig wees, jou dae van smart is verby.”
As kind was ek uiters bang vir die donkerte. Die ligte moes aanbly totdat ek aan die slaap geraak het.
Die ballingskap van Israel was soos duisternis en het vervreemding, die afwesigheid van God en hopeloosheid gesimboliseer. Die profeet beloof God se teenwoordigheid in hierdie donker tyd. God se mense kan ’n beter toekoms verwag. Sy lig sal duisternis verdryf. Anders as die son en maan wat deur naburige nasies aanbid is, is God die ewige lig. Hierdie ewige lig, wat hartseer verdryf en hulle met sy teenwoordigheid lei om deur die duisternis te kom.
Op die regte tyd het God se lig, Jesus, die wêreld se lig verskyn (Joh. 8:12). Waar Hy ookal gegaan het, het Jesus duisternis in mense se lewens verdryf, verligting van hartseer en siekte en bevryding en genesing gebring vir hulle wat teen boosheid en sonde gestry het.
Johannes noem Jesus die helder Môrester (Openbaring 22:16), wat die einde van lyding, pyn en dood simboliseer (Openbaring 21:3-4). God se teenwoordigheid verdryf duisternis, soos Jesaja 60:19-20 gesê het. Openbaring 21:23 sien ’n stad wat deur God se heerlikheid verlig word, wat nie sonlig of maanlig nodig het nie. Dit is ons visie! God is ons ewige lig!
Here, U is my lig en redding!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie