BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Johannes 15:15: Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
Teresa van Avila, ’n 16de eeuse Spaanse Christen, het haar intieme vriendskap met Jesus saamgevat: ‘Ek kan met Hom praat soos met 'n vriend, al is Hy die Here.’ Dit beklemtoon die voorreg om Jesus nie net as Here te nader nie, maar ook as vertroueling.
Jesus noem sy dissipels vriende. Die basis van hierdie vriendskap is sy liefde vir hulle. Omdat Hy hulle liefhet, openbaar Hy ook sy wil aan hulle. Sy liefde gaan so ver dat Hy sy lewe vir hulle gegee het.
Hoe reageer ’n mens op so ’n liefde? Ons streef daarna om sy voorbeeld en waardes in ons daaglikse lewe na te volg. Dit is ’n voortdurende reis van groei en transformasie, ’n diepgaande innerlike verandering wat weerspieël word in ons verhoudings met mense rondom ons.
Die geliefde lied, ‘Wat ’n vriend het ons in Jesus’ vat die ontsaglike voorreg om God se troon deur Jesus te nader, kragtig saam. Jesus tree in vir ons. Ons het toegang tot God se teenwoordigheid. Alhoewel ontsag vir Sy goddelikheid geregverdig is, onthou ons ook dat Hy ons persoonlik liefhet en toeganklik is. Omdat ons sy vriende is, stel ons in staat om ons harte voor Hom uit te stort.
Here, dankie dat U ons u vriende noem. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie