Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Ps 14:1: “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie.”
Morele en etiese waardes verswak wanneer ons God uit ons lewens verwyder. Hierdie Psalm praat oor menslike selfstandigheid en hardnekkigheid teenoor die bestaan van God. Hierdie God regeer van sy troon af. (1:2,6). Die Psalm beskryf praktiese ateïsme, waarin individue nie openlik hul ongeloof in God erken nie, maar eerder sulke gedagtes in hulle harte koester (14:1).
Jesaja 32:6 sê dat ’n dwaas God nie net deur godslastering minag nie, maar ook uitsluitlik op sondige gedagtes fokus. Sy optrede verklap hom. Hy laat na om mense wat honger is te voed, water aan die dorstiges te gee en vererger so hulle lyding.
Die verskriklike gevolge van ’n lewenstyl wat gekenmerk word deur outonomie, selfbestuur, onafhanklikheid en hardkoppigheid is duidelik. Dit saai verwoesting, pleeg dade van onreg en berokken ons medemens skade.
Die onafskeidbaarheid van ons verbintenis met God en ons interaksies met ander is ’n deurlopende tema in die Bybel. Ons behandeling van ander, veral dade van onreg, weerspieël die gebrek aan ons verhouding met God. Johannes onderstreep dit. Mense wat beweer dat hulle God liefhet, maar haat vir hulle medemens het ken God nie (1 Johannes 4:8, 20, 21).
Here, laat my optrede my liefde vir U, Jesus ontwil, weerspieël. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie