Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Spreuke 14:10: “Net ’n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed, en ook in sy vreugde kan niemand anders voluit deel nie.”
Ons moet mekaar se laste dra (Galasiërs 6: 1,2). Dit beteken ons sal alles in ons vermoë doen om die hartseer en gebrokenheid van ander te dra. Soms is iemand se pyn draagliker as ons help om dit te dra (1 Korintiërs 12:26; Romeine 12:15).
Dit beteken ook dat ons die gawes van ander moet sien en die persoon moet help om nie trots te word nie. Ons deel in iemand se geluk, maar herinner hulle daaraan dat alles God se geskenk is.
Soms is mense se bitterheid of vreugde so diep dat hy of sy dit nie onder woorde kan bring nie (14:10). Soms gebeur dit dat die lewe net nie goed uitwerk nie. Soms het ander mense en omstandighede buite ons beheer dit veroorsaak. Soms is ons bitter daaroor. Niemand kan regtig deel in hierdie pyn nie.
Ja, daar is nog steeds iemand. God se Seun dra ook die teleurstelling wat die lewe meebring. As daar iemand is wat verstaan dat die lewe ’n donker kant het, is dit Jesus. Die Verlosser wat ons het, het medelye met ons gebrokenheid (Hebreërs 4:15).
Dietrich Bonhoeffer was reg toe hy gesê het dat Jesus se liefde geen pyn, geen selfverloëning, geen lyding vrees as iemand anders gehelp kan word nie. Hy verstaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie