Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Ps 73:9,10,12: “Hulle laster teen die hemel en beledig links en regs op die aarde. Tog hang die volk hulle aan en drink gretig hulle woorde in. Dit is hoe die goddelose mense is!”
Die filosoof Martin Buber het opgemerk alles het aanvaarbaar geword omdat mense van God vergeet het. Waardes, sê hy, is iets wat gevind word, nie uitgevind word nie.
Die Psalmdigter praat van mense sonder waardes. God maak nie saak nie. Mense maak nie saak nie. Die tragedie is dat hulle gewild is. Mense glo hulle. Die publiek gee nie om of hulle teen God en mense is nie. As hierdie mense vandag geleef het, sou baie mense vir hulle in ’n verkiesing gestem het.
Miskien moet ons sê dat die reaksie van die publiek ook iets oor die gebrek aan waardes in die samelewing weerspieël. As ons hierdie soort optrede duld, maak dit ons medeskuldig aan laster teen die hemel en is ons ook verantwoordelik vir die vernedering van mense.
Die digter sê hierdie dinge in die konteks van lyding. Die goddeloses floreer. Die regverdiges ly. Hy het byna koers verloor. Gelukkig weet Hy dat God groter as sulke mense is en dat hierdie mense nie sal standhou nie. Hy weet dat ons God nodig het vir ’n goeie lewe.
Staan daarom vandag in sy Naam op teen hulle wat die verwronge waardes in die samelewing bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie