Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hab 3:17,18: “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie... nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.”
Ons hou nie van pyn nie. Die eerste reaksie is om daarvan ontslae te raak. Dit maak nie saak of dit fisieke of emosionele pyn is nie. Ons het die houding ook oor ons geloof. Geloof moet ons beskerm teen die pyn in ons lewe.
Hendrikus Berkhof skryf daar is ’n verskil tussen geloof en godsdiens. Godsdiens is op ervaring gebou. Geloof druis glo teen ervaring in. Dit beteken dat godsdienstige mense slegs glo as dinge goed gaan. Hulle wil ervaar dat God voorsien, sorg en uitkoms gee. As dit nie gebeur nie, is daar nie meer ’n rede om God te dien nie.
Gelowiges in die lewende God hou aan God vas selfs as daar geen rede is om dit te doen nie. Geloof sien verder as die hier en nou. Geloof weet dat God ons nie sal los nie – selfs as ons niks oor het nie. Soms skreeu alles teen die feit dat God bestaan, sorg en omgee. Geloof dien God net omdat Hy God is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie