Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Ef 2:5,6: “Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee.”
Daar is ’n grafskrif wat lui: Aangetrek, maar nêrens om te gaan nie.
Dis ’n hartseer kommentaar op baie lewens. Waarheen gaan jy op jou laaste reis? Baie mense weet nie wat hul eindbestemming is nie. In ons samelewing gaan alles oor prestasie en die bereiking van doelwitte. Ons verdien ons posisie! Ons vier selfs ons verjaarsdae hiervolgens. Ons wens mense geluk met die “prestasie” van 40, 50 of 80 jaar – asof ons dit verdien het. As ons al ons doelwitte bereik het, waarheen gaan ons dan? Is jou lewe so doelgerig dat jy voor jou dood reeds weet waarheen jy ná jou dood gaan?
Christene hoef nie te wonder waarheen hulle gaan nie. Ons het reeds ’n plek in die hemel. Ons hoef nie allerhande programme in werking te stel om dit reg te kry nie. Ons ontvang dit uit genade deur die geloof in Jesus Christus. Geloof is nie ’n prestasie nie. Dis ook ’n gawe. Dis die instrument waardeur ons die gawe ontvang.
Wanneer jy op jou laaste reis vertrek, mag jy dalk mooi aangetrek wees, maar jy sal iewers gaan. Mense wat hulle vertroue in Christus stel, het ’n vaste en sekere bestemming.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie