BYBELSE WYSHEID
DR. Annes Nel
Titus 2:11-13: Die genade van God wat verlossing bring...voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag.
Thomas Merton het geskryf dat ’n heilige nie beter is as ander nie. Hy of sy het net geleer om die goedheid van God beter te verstaan.
Ons sien die dubbele goedheid van God in Titus 2:11-14. Eerstens het God in Christus na ons toe gekom. Dit is God se genade. Die tweede deel van sy goedheid is dat Christus sal terugkeer. Ons kan sê dat Christus se eerste koms soos iets is wat ons weglei van ’n slegte na ’n goeie lewe. Sy wederkoms het suigkrag. Dit trek ons weg van kwaad na die goeie. God se genade en goedheid leer ons om kwaad op te gee. Dit lei tot diens en liefde teenoor mense rondom ons.
Sodra ons God se goedheid begin verstaan - sy eerste en tweede koms in Christus - word ons ywerig! Mense wat deur Christus se dood van sonde gereinig is en Christus verwag, het ’n passie vir die goeie lewe (2:14). Paulus gebruik dieselfde woord in 2:14 om sy ywerige vervolging van die kerk in sy ou lewe te beskryf (Fil 3:6). Iemand wat die genade van God ontvang het, is gretig om met dieselfde passie die goeie te doen.
Here, help my om werklik u goedheid te verstaan, deur die krag van u Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie