Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
(Deut 7:8 – Lees Deut 7:7-9): “Omdat die Here jou liefhet en Hy sy belofte nakom ... het Hy jou laat wegtrek en jou bevry.”
Die duiwel verander van taktiek wanneer iemand tot bekering kom. Eers probeer hy dit keer, maar as God se liefde te sterk word en ons tot bekering kom, maak die duiwel ons graag trots daarop.
’n Mens hoor mos baie hoe mense oor hulle bekering praat. Baie mense haal die dag en datum aan. Dit is nie noodwendig verkeerd nie, soms hoor ons meer hoe sleg iemand was en hoe goed hy nou is. Iemand het eenmaal na so getuienis gevra: Confess jy of brag jy?!
God moet ons telkens terugbring by die kern van alles: Ons is nie gered op grond van ons geloof, bekering of berou nie. Dit is omdat sy liefde so sterk vir ons gebrand het en Hy sy woord hou dat Hy ons gered het. Israel moes besef dat God se genade nie op hulle kwaliteite gebou is nie, maar ten spyte van hul swakheid en hardkoppigheid aan hulle geskenk is (Deut 7:7 en 9:6).
Bring aan God alleen die eer vir jou redding!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie