Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 12:12: “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.” (Lees Romeine 12:9-21)
Die Christelike lewe sonder ’n voldoende fondament is soos ’n huis wat gevaarlik word as die storms kom, omdat die fondament swak was. Paulus roep sy mense op om vas te staan in die verdrukking. Wat is die fondament in moeilike tye? Hoop en gebed. Hoop bied sekerheid en blydskap, want God is beslis met ons op weg na ’n nuwe toekoms. God het die fondament van die hoop vas en seker kom lê, omdat Hy die ergste bedreiging vir die toekoms, die dood, deur Sy opstanding oorwin het.
Gebed is om aan God se trou vas te klou. Gebed is om te sê dat jy van God afhanklik is. Daarom bou gebed op die hoop dat God jou werklik deur moeilike tye sal dra.
Wat gee sin aan jou lewe? Jou eie pogings of God se krag? Ons weet tog wat die beste is.
In die woorde van Horace Walpole: “Mense is dikwels in staat om baie groter dinge te doen as wat hulle wel regkry. Hulle word die wêreld ingestuur met ’n groot kredietbalans, maar gebruik dit heel dikwels nie.”
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie