Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Spreuke 22:19: “Ek onderrig juis vir jóú vandag sodat jy op die Here kan vertrou.” (Lees Spreuke 22:17-29)
’n Sinvolle lewe is om na elke terrein van die lewe uit God se perspektief te kyk. Dit is ’n algemeen aanvaarde waarde dat ’n mens nie op arm mense trap nie. Die Spreukedigter sê dat hierdie waarde vir ons belangrik is, omdat die Here vir hierdie mense omgee (23).
Dit is ’n algemeen aanvaarde beginsel dat ’n mens nie die land van ander mense steel nie (28). Vir die Israeliete was dit nog belangriker, want die Here het die land aan mense gegee (Josua 13-21).
Dit is ’n algemeen aanvaarde beginsel om jou werk met toewyding te doen (29). Mense van die Here werk en bevorder hulle vaardigheid sodat God verheerlik kan word.
Die digter wil hê dat ons na elke lewensterrein moet kyk vanuit God se perspektief. Ons doen nie goed aan mekaar omdat ons net van mense hou nie. Ons doen goed aan mekaar omdat ons as’t ware in die Here se plek gaan staan en na die wêreld kyk.
Here, laat ek deur U perspektief na die wêreld kyk.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie