Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Kor 4:18: “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. . . Dit doen die Here wat die Gees is.”
Die jaar is amper verby. Miskien het jy nog ’n hele klompie goed op jou agenda vir vandag of die weke wat kom. Die mededingende wêreld waarin ons woon het nie plek vir lui mense nie. Natuurlik is daar ’n ander ongesonde motivering in ons lewe: om meer en meer te wil hê, die leer van sukses te klim, en onafhanklik van alles en almal te wees. Dit maak ons nog besiger as wat dit nodig is vir ’n sinvolle lewe waarin ons gesinne en God ook ’n plek het.
Kom ons staan net vir ʼn oomblik stil en vra waarheen ons met ons lewens op pad is. Hoeveel het jy hierdie jaar in jou verhouding met die Here gegroei. Was daar plek vir Hom in jou besige skedule? Het jou lewenstyl nie dalk die werk van die Gees van God in jou lewe verdring nie?
Die Gees van God is besig met ons – elke dag. Hy verander ons daagliks om die beeld van Christus in ons te skep. Sy primêre doel in ons lewe is nie om ons suksesvol te maak nie, maar dat sy beeld meer en meer deur ons lewe aan ander getoon kan word.
Gees, verander my sodat ek u heerlikheid in hierdie wêreld kan weerspieël.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie