No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Jesaja 35:3,4: “Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: ‘Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier...’”

Ek het baie woorde van vertroosting in my lewe gehoor, soos dat alles goed sal uitwerk, dat tyd sal genees en die Here ’n doel met alles het. Nee, nie alles loop goed af nie. Tyd genees nie noodwendig alles nie. Tog beteken dit nie dat mense op hulle eie moet sukkel nie. Ons word geroep om God se teenwoordigheid te verkondig te midde van swakheid, vrees en twyfel. Dit was die profeet se taak aan mense wat ’n desperate behoefte aan vertroosting het.

Meer as Jesaja kan ons vir iemand sê dat Christus die waarborg is van God se teenwoordigheid by ons. Hy het Homself vereenselwig met die hartseer en pyn van mense. Hy het elke siekte genees en elke persoon wat Hom nodig gehad het, gehelp. Vrees, twyfel en pyn is deel van die lewe. Dit is moeilik, maar Christus is die waarborg van God se teenwoordigheid by ons. Dit sal nooit verander nie!

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer