Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 6:3: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
Ek het baie preke oor die gedeelte gehoor toe ek ’n tiener was. Dis seker een van die redes hoekom ek ’n predikant geword het. Jesaja was bereid om te gaan. Daarom moet ons ook sê: “Hier is ek. Stuur my!”
Hierdie preke het gewoonlik niks gesê oor wat gevolg het nie. As ek dit gehoor het, sou ek seker twee keer gedink het voordat ek ja gesê het. Jesaja word nie geroep om ’n boodskap van bekering te verkondig nie. Hy moet verkondig dat die woord van God eintlik geen effek op hulle sal hê nie. God se woord sal hulle harte verhard en hulle doof en blind maak.
Die profeet was desperaat. Hoekom? Dan deel die Here die doel met sy oordeel (6:11). Die magtige teenwoordigheid van die Here kan eers gesien word wanneer ons magtige teenwoordigheid, ons eie pogings om die leefruimte te vul, verdwyn (6:12,13). God se teenwoordigheid vul die wêreld wanneer ons drome van onafhanklikheid en ongeloof nagmerries geword het, ja wanneer ons op die laagste punt in ons lewe is. Eers dan verstaan ons die woorde van Ef 2:4: . . . maar God is ryk in barmhartigheid.
Wanneer alles dood lyk, het God se genade ’n nuwe toekoms in Christus geskep (Ef 2:1-3). Wat ’n voorreg om ’n boodskapper van hierdie nuwe begin te wees!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie