Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Matteus 6:12: “. . . en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.”
C.S. Lewis sê in ’n preek, The weight of glory (Junie 1941)(vry vertaal): “Om ’n Christen te wees beteken om die onverskoonbare te vergewe, want God het die onverskoonbare in jou vergewe. Dit is moeilik. Dit is dalk nie so moeilik om ’n enkele groot sonde te vergewe nie. Maar om die onophoudelike uittarting van die daaglikse lewe te vergewe. . . – hoe kan ons dit doen? Dis net moontlik, dink ek, as ons onthou waar ons staan, deur ons woorde te bedoel wanneer ons elke aand in ons gebede sê, ‘vergewe ons ons oortredings soos ons dié vergewe wat teen ons oortree’. Ons word op geen ander voorwaarde vergifnis aangebied nie. Om dit te weier, is om God se genade vir onsself te weier.”
Wat meer kan gesê word? Dikwels sê ons die Onse Vader-gebed op sonder om eens aan die gevolge van hierdie gebed te dink.
Mense wat hulle aan sy wil en koninkryk onderwerp en die heiligheid van sy Naam eer, is vergewende mense. Ons weerspieël die karakter van ons Vader, wat die vergewensgesinde en liefdevolle een is. Daarom leef ons die waardes van die Vaderhuis uit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie