Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Petrus 1:10,11: “Daarom moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie. En dan sal daar vir julle vrye en feestelike toegang wees tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.”
Dis my hoop dat ek my kinders en kleinkinders weer sal sien wanneer ek my laaste asem uitblaas. Ek praat van die ewige lewe. Ons verlang na die dag wanneer “vaarwel” of “tot siens” meer nodig sal wees nie.
Slegs hulle wat glo sal die ewige lewe hê. Diegene wat nie glo nie, het nie die ewige lewe nie. Vir kinders, ouers en kleinkinders en vriende wat in Jesus Christus glo, is die dood slegs ’n tydelike skeiding.
Ons gebruik hierdie lewe om onsself in te oefen vir die lewe wat kom, waar daar geen skeiding sal wees nie. Richard Bauckham skryf dat Christene, wat met hoop op die nuwe wêreld wag, moet probeer om die soort mense te wees wat hierdie nuwe wêreld kan binnegaan. Die verwagting van die wederkoms behoort ’n motivering vir Christelike geregtigheid te wees.
Ons lewe hier is die speelveld waar besluite van ewigheidsbelang geneem word. Sonder geloof in Jesus Christus wag daar slegs ewige skeiding tussen ons en God en ons en hulle wat vir ons dierbaar was.
Gees van God, vul ons met geloof, hoop en liefde, deur Jesus Christus, ons Heer. Amen.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie