Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Spreuke 12:17: “Wie die waarheid aan die lig bring, lewer betroubare getuienis; ’n getuie wat lieg, maak alles vals.”
Fopnuus en ware nuus... mens wonder of daar hoegenaamd iets soos ware nuus is. Waarheid is skaars. Die waarheid lê begrawe tussen die ruïnes van baie kante van ’n storie. God wil hê dat die waarheid altyd moet seëvier (12:2,17,19).
Daar is ’n Joodse spreekwoord wat lui: “’n Halwe waarheid is ’n hele leuen.” As ek die waarheid verdraai om by myself te pas, is ek nie regverdig nie (12:5). Ons woorde moet weerspieël ons is mense van God (12:22).
Die Tien Gebooie beklemtoon ook dat ons nie valse getuienis teen ons naaste moet lewer nie. Psalm 50:16 en 19 sê dat iemand wat God se genade verstaan, nie veronderstel is om bedrieglik te wees nie.
Die filosoof Aristoteles het gesê dat die minste aanvanklike afwyking van die waarheid later duisendvoudig vermenigvuldig word. Hoe dikwels lei een leuen tot baie ander leuens.
Wanneer ons uit die dood na die lewe gered word, moet ons woorde en dade eer aan God bring en Jesus verteenwoordig (Kol. 3:17). In Efesiërs skryf hy weer in min of meer dieselfde konteks: “Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam.” (Ef 4:25).
Laat ons nou alles in ons vermoë doen om by die waarheid te bly. Dit pas by Geesvervulde mense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie