Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Rig 13:1,3: “Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here... Die Engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: ‘Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring.’”
Augustinus het eeue gelede gesê dit is nie so dat ons eers God se gebooie moet onderhou en Hy ons dan liefhet nie. Dit is eerder die geval dat Hy ons eers liefhet en dan onderhou ons sy gebooie. Daardie genade word aan die nederige geopenbaar, maar van die trotse mense verberg.
Simson se verhaal begin gewoon met die lyding wat Israel weens sy sonde beleef het en God wat ingryp. Daar is nie sprake van berou of hartseer of ’n geroep na die Here nie. Hulle harte is vuil. Daar is nie plek vir die Here nie. Tog gryp die Here in en bring verlossing deur Simson, die gebroke sondaar.
Die Here bly getrou, al is ons ontrou. Daarom stuur Hy uiteindelik sy Seun na ’n wêreld wat Hom nie erken nie (Johannes 1:11). Toe ons nog magteloos was, sê Paulus het Christus vir die goddelose gesterf. Hy wag nie dat ons eers vriendelik word nie. Toe ons nog vyande was het Hy sy lewe aan ons gegee (Romeine 5:6-10).
God begin vandag opnuut weer met jou, al het jy alles opgemors. Vergeet van gister en leef vir Hom!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie