Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Markus 7:20: “Maar,” het Hy verder gesê, “wat van binne af uit ’n mens kom, dít maak ’n mens onrein.”
My ouma het geglo dat sy hemel toe sou gaan omdat sy nog nie slegte dinge gedoen het nie. Sy het nie gedans, gedrink en egbreuk gepleeg nie. My arme ouma is mislei. Ja, sommige dinge is sonde, maar nie alles nie!
Jesus spreek die Fariseërs en skrifgeleerdes in die vorige afdeling ernstig aan oor hulle obsessie met tradisie. Hy sê dat hulle beheptheid met tradisies die verkeerde fokus was. In die proses het hulle die gebod van God verwerp (7:8). G.K. Chesterton skryf dat tradisie beteken om stem te gee aan die mees obskure van alle klasse – ons voorvaders. Dit is die demokrasie van die dooies! Dit is duidelik: tradisie kan dikwels selfs die plek van die Here in ons lewens inneem.
Jesus roep ons dus om ons verhouding met God van nader te bekyk. Eksterne tradisies en gebruike is nie op sigself boos nie. Enigiets wat ons doen kan sonde wees, want ons hart is boos. Ons kan selfs sondig terwyl ons in die kerk sit. Dit is ons sondige natuur wat die dinge rondom ons besmet.
Oorgelewerde tradisies kan nie ons harte in toom hou nie. Iets kan verkeerd wees, maar die eintlike probleem is wat in ons is. Ons moet ons harte ondersoek en dit voor God bely.
Bevry my van die boosheid in my hart, in Jesus se Naam. Amen.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie