Bybelse wysheid
Hosea 6:6: “Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers.”
’n Nederlandse teoloog, Hendrikus Berkhof, sê daar is ’n verskil tussen spyt en berou. Spyt is om hartseer te wees oor die gevolge van jou dade. Berou is anders. Dit is om te treur oor die daad self. Dit is om te erken dat dit wat ek gedoen het verkeerd is in God se oë.
Dis goed en reg om ons sonde en skuld te bely. Die profeet daag ons uit oor ons motiewe wanneer ons dit doen. Watter motiewe kan daar wees? Belydenis kan uiters selfgesentreerd wees. Ons wil net hê dinge moet terugkeer na normaal (6:1,2).
Die ware motief van sondebelydenis moet wees om God lief te hê.
Dikwels is ons toewyding aan God soos ’n noodvalskerm. Wanneer ons in die moeilikheid is, gebruik ons God vir ons eie doeleindes – om onsself te red.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie