Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Filippense 2:15: “Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld.”
Iemand het opgemerk dat ons die verandering moet wees wat ons graag wil sien. Die filosoof, Immanuel Kant, het gesê dat ons so moet optree dat die beginsel van ons dade as ’n veilige wet vir die hele wêreld gemaak kan word. Sjoe! Ek wonder hoe die wêreld sou gelyk het as my leefstyl ’n wet gemaak word waarvolgens ander moes leef! Ons kan kla en ongelukkig wees oor die waardes en sedes van die wêreld, maar verandering begin by ons. Dink aan die beeld van Paulus oor ligdraers (sterre). Ons sien hoe helder sterre skyn wanneer dit baie donker is. Aangesien ons in ’n donker wêreld leef, behoort ons lewens so anders te wees dat mense die lig deur ons sal sien.
As jy kon, wat sou jy doen om die wêreld te verander? Moet die politieke, ekonomiese en moreel-etiese stelsels verander? Moet ons gesin verander? Moet my huwelik verander? Wat van my werkplek of skool of gemeente?
Miskien kan ons nie die hele wêreld verander nie, maar kom ons maak dit ons doelwit om vandag te lewe asof God ons lewens, ons prioriteite, ons waardes en beginsels die reël gaan maak vir die samelewing waarin ons leef. Sal die wêreld ’n beter or slegter plek wees as almal soos jy lewe?
Here, laat my lewe saam met U soos ’n blink ster wees in die donkerte om ons, in Jesus Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie