Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Filippense 3:10: “Al wat ek wens, is om Christus te ken.”
Dietrich Bonhoeffer skryf dat Christus nie in die wêreld gekom het sodat ons Hom kan begryp nie, maar sodat ons Hom kan vasgryp en ons laat meesleur deur die ontsaglike gebeure van die opstanding.
Paulus skryf dat Christus Jesus hom reeds syne gemaak het (Fil. 3:12). Die goeie nuus oor Christus het hom só is besit geneem dat niks anders meer tel nie. Alles waarop hy voorheen gebou het, al sy kwaliteite en oortuigings, beteken nou niks nie (Fil. 3:8). Al wat ek wens is om Christus te ken!
Mooier woorde as hierdie sal jy moeilik in die Bybel vind. Daar is niks meer wat hy wil doen nie. Daar is ook niks minder nie. Al wat ek wens is om Christus te ken!
Om Christus te ken, is om in gemeenskap met Hom te lewe. Dit beteken dat ons meer en meer sal deel in die groot gebeure in Jesus se lewe – sy dood en opstanding. Ons het saam met Christus gesterf. Ons sien af van ons goeie hoedanighede en kwaliteite – van onsself! Ons word meegesleur deur die krag van die opstanding van Christus in ons lewe. Ons lewe deur sy krag in ons lewe. Juis daarom gaan ons soos ’n atleet voluit om Christus beter te leer ken! (Fil. 3:12).
Here, my grootste wens is om U beter te ken. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie