Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 73:25: “Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie.”
Mary Elizabeth Coleridge skryf in ’n gedig: ‘Sonskyn of ryp, laat dit wees. Storms of kalmte, soos U besluit. Al sou ons al U gawes verloor, U kan ons nooit verloor nie” (vry vertaal).
Die Psalmdigter het amper sy geloof verloor (Ps. 73:2,3). Hy het die voorspoed van die goddelose mense gesien, terwyl sy liefde vir die Here nie veel in die sak gebring het nie (Ps. 73:13,14).
Ons geloof is nie ’n versekeringspolis teen die probleme van die lewe nie. Ons word afgetakel in liggaam en gees (Ps. 73:26). Ons gaan deur donker dieptes (Ps. 23). Soms werk die dinge nie uit soos ons dit beplan of wou hê nie.
In alles is daar een perspektief wat hy met ons deel: Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand (Ps. 73:23). God is altyd daar. Omdat Hy ons met Sy hand lei, bly ons in Sy sorg.
Op haar sterfbed sê Idelette Calvyn (Johannes Calvyn se vrou): “O, glorieryke opstanding! Ek vertrou my toe aan die God van Abraham en van al ons vaders. Reeds vir soveel eeue het die gelowiges op U gehoop en niemand is teleurgestel nie: ek verwag U ook.”
As ons alles verloor, het God ons nie verloor nie.
Here, dankie dat U my in U hande vashou. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie