Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Ps 131:2: “Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.”
Soms wil ons die moeilike dinge in ons lewe self hanteer omdat ons voel dat ons nie swak mag wees nie. Die digter sê dat daar dinge in sy lewe is wat te moeilik is om te hanteer (Ps 131:1). Miskien was dit vrae oor die verlies van ’n kind, ouer of lewensmaat. Miskien was dit bekommernis oor waar môre se kos vandaan sal kom.
As hy in hierdie omstandighede sou vashou aan sy hoogmoed en selfbelangrikheid (Ps 131:1), sou hy onrustig bly. Hy ontdek egter dat God soos ’n ma is by wie ’n mens maar jou maskers kan laat val. Op God se skoot vind hy tevredenheid (Ps 131:2).
Die kerk as liggaam van Christus behoort die plek te wees waar ons met vrymoedigheid moet kan gaan aanklop wanneer ons soos ’n kind versorg wil word. Daar behoort ruimte vir swakheid te wees. Dit is die plek van God se sorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie