Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Filemon 15,16: “Miskien was hy ’n kort tydjie van jou af weg juis sodat jy hom vir altyd sou terugkry, nou nie langer net as ’n slaaf nie, maar meer as ’n slaaf: as ’n geliefde broer.”
Die samelewing regoor die wêreld word oorheers deur verskille tussen klasse en rasse. Soms etiketteer ons mense selfs volgens die plek waar hulle woon. Die kerk is veronderstel om anders as die wêreld te wees. Ongelukkig lyk die kerk dikwels so: net so aaklig soos die samelewing.
Paulus spreek hierdie kwessie aan in sy brief aan Filemon. Onesimus was ’n weghol slaaf, maar het ’n Christen geword. Filemon behoort Onesimus nou as ’n broer te aanvaar. In die geloof is daar nie meer klasse, posisies en status nie, maar gelykheid en liefde vir alle mense (Gal 3:26-29; Kol 3:9-10).
Dink aan die verrassing vir Onesimus as Filemon hom as ’n broer behandel het. Mag ons ook die wêreld verras deur ons gelykheid in Christus te aanvaar en te beoefen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie