Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hosea 7:2: “Hulle dink nie eens daaraan dat Ek al hulle sonde ken nie. Nou het hulle optrede hulle ingehaal, dit lê oop en bloot voor My.”
Jonathan Swift het geskryf dat ons genoeg godsdiens het om mekaar te haat, maar nie genoeg om mekaar lief te hê nie. Dit is hartseer, maar waar. Die Israeliete was baie godsdienstig. Hulle probleem was dat hulle hulle godsdiens gebruik het om hulself te bevoordeel. Die gevolge was onreg en bloedvergieting, leuens, diefstal en bedrog (6:8; 7:2). Hierdie onreg is deur almal gepleeg: priesters, konings en die mense. Die ergste is dat niemand eens daaraan gedink het dat die Here dit weet nie (7:2). Die kleed van ons godsdienstigheid kan God soms uitskakel. Ons mag selfs dink dat ons goeie godsdienstige mense is. Juda het dikwels neergesien op die sondes van Israel, maar ook hulle is nou onder die oordeel van die Here (7:1).
Hosea beklemtoon die basiese waarheid van die Bybel. Ons kan God nie dien sonder om ons medemens lief te hê nie. Ons dien die Here wanneer ons mense liefhet. Die beste bewys dat ons godsdiens vir ons eie voordeel gebruik, is wanneer ons die mense rondom ons seermaak.
God draai ons oë weg van onsself en gee ons ’n nuwe perspektief op die nood van die mense rondom ons. Enige godsdiens met beperkte liefde is nie die naam werd nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie