Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Rigters 6:15: "Gideon sê vir Hom: 'Ekskuus, Meneer, waarmee sal ek die Israeliete gaan red? Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien.”
God het ’n vreemde personeelbeleid. Hy roep iemand wat onder ’n boom werk, arm is en wegkruip (6:11). Dit sou nie my keuse wees as iemand groot dinge vir my moes doen nie. Ek sou ’n persoon met gesag, ’n goeie agtergrond en sterk persoonlikheid kies.
God is nie soos ons nie. Paulus skryf aan die Korintiërs dat hulle moet dink oor wie hulle was toe God hulle geroep het. Menslik gesproke was daar nie baie geleerdes of baie invloedryke mense of baie mense van aansien onder hulle nie (1 Kor. 1:26).
Dit is God se styl. Hy roep wie Hy wil. Hulle is nie die hoofkarakters nie. Dit is God wat deur hulle werk.
Ons wil dikwels die situasie manipuleer om ons keuses in sekere posisies te kry. Wanneer ons egter die ‘regte’ persoon in die oë van mense kies, is hulle dikwels net ’n struikelblok vir die werk van God. Wanneer die mense wat gekies is te veel van hulself begin dink of geëer word omdat hulle sekere gawes het, vergeet hulle hoe God eintlik die taak gedoen wil hê.
Mag God ons daarteen beskerm, ter wille van Sy eer.
Here, help my om U keuse te eerbiedig en U leiding te volg, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie