Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Efesiërs 2:18: “Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader.”
Bloed is dikker as water. Familielede staan saam. Dit maak nie saak hoe verdeeld hulle oor ander sake is nie, in die meeste gevalle beskerm hulle mekaar.
Stel jou nou voor: Julle het een pa. Ten spyte hiervan weier jy om deel van die gesin te wees. Dit is ’n duidelike simptoom van ’n disfunksionele gesin.
Paulus spreek hierdie kwessie aan deur te verwys na bloed wat meer betekenisvol is as die bloed wat in ons are vloei: die bloed van Jesus Christus. Dit bind ons saam met sterker familiebande as ons natuurlike familie. Paulus sê dat ons almal sonder hoop gelewe het (2:12). Ons was sonder God. Ons het nie gedeel in God se beloftes aan Israel nie. Nou deel ons in die beloftes van God, want Jode en nie-Jode is verenig in ’n nuwe mensheid, ’n nuwe familie, deur die bloed en liggaam van Jesus (2:14-16). Ons afkoms maak nie meer saak nie. Ons is die huisgesin van die Here. Ons het een Vader (2:18).
God se familie soek gemeenskap met mekaar. Die bloed in ons are skei ons nie meer nie. Ons agtergrond, klas, status en taal word sekondêr, want ons is verenig deur die bloed van Jesus Christus.
Is die bloed in ons are belangriker as die bloed van Jesus Christus? Eenheid is nie ’n opsie nie. Dis ’n feit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie