Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Markus 3:35: “Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.”
Sommige gesinne het gespanne verhoudings. Kinders en ouers, broers, susters het geen verhouding nie of, wanneer hulle bymekaarkom, is daar altyd konflik. Dit is hartseer en nie wat God wil hê nie.
Jesus herdefinieer egter wat familie beteken. Dit is baie harde woorde. Alle verhoudings word eintlik relatief voor die Here. Jou verhouding met jou pa, ma of kind kan baie heg wees. Wanneer jy egter weet dat hierdie mense die Here teëstaan of nie die koninkryk van die Here eerste stel nie, is hulle minder familie as iemand uit China wat die Here liefhet!
Jesus se opmerking bevorder nie vyandigheid in gesinne nie. Dit beteken nie dat ons ons familie wat nie in Jesus glo, moet verag nie. Dit beklemtoon net dat geloof in Jesus en om Hom te volg ’n nuwe soort familie skep. Dit sê dat alle natuurlike verbindings ondergeskik is aan ’n nuwe soort familie – Jesus se volgelinge.
Hoe voel jy daaroor? Sou jy jou gesin so beskryf? Sou jy sê dat dit vir jou belangriker is om God se wil te doen as lojaliteit aan jou bloedfamilie?
Onthou, geen kulturele, politieke of ander waarde is belangriker as hierdie gesin nie. Elkeen wat Jesus volg is familie in Christus, selfs meer as my bloedfamilie wat Jesus nie volg nie.
Hemelse Vader, dankie vir familie oraloor die wêreld. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie