Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 136:26: “Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
Hierdie Psalm gaan oor God se sorg! Israel bely die grootheid van die Here om verskillende redes: Hy het geskep (136:4-9). Hy het die grens gestel tussen dag en nag en land en water. Hy het hulle bevry uit ’n land waar hulle slawe was en het hulle in die woestyn versorg (136:10-16). Die Here het vir hulle ’n land gegee om in te woon en oorwinning oor vyande gegee (136:17-22). God het sy woord en beloftes nagekom. Hy is inderdaad die God wat sorg (25).
Ons moet leer om God se genadedade in ons lewens te vier. Dié Psalm is in aanbidding gebruik. Die hele psalm konsentreer net op God. God die Skepper, Verlosser en Vervulder van sy beloftes. Iemand sê dat Israel slegs die passiewe toeskouer van die wonderlike dade van die Here is. Dit is waaroor aanbidding gaan. Oor God. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie