Bybelse wysheid
Psalm 6:4: “Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe. Help my, want U is getrou.”
Joseph Jefferson het gesê dat ons net huurders is, en binnekort sal die groot Verhuurder ons kennis gee dat ons huurkontrak verstryk het.
Ons het hierdie woorde nodig om te besef ons sal nie vir altyd hier wees nie! Ons lewe is ’n lening. Vir die psalmdigter was die eindigheid van die lewe nie goeie nuus nie. Die dood was die einde. Die dood het beteken dat sy verhouding met God radikaal verbreek sou word (6:6; sien ook Psalm 30:10 en Jesaja 38:18)). Die dood was dus ’n skrikwekkende gedagte. Die Psalmdigter wou aan die lewe vashou, want dit was die plek waar God geprys kon word en waar jy die seën van die Here ervaar het.
Die Psalmdigter ervaar pyn, siekte en hartseer (6:3,4,7,8). Soos dit met baie psalms die geval is, is daar ook twee ander partye wat hierdie lyding vererger het. Die een is God se afwesigheid en stilte (6:4). Die ander is die bespotting van die vyande dat God nie kan help nie (6:8,9,11).
Tog het God gehoor en daarom kan die digter Hom weer loof (6:10).
Ja, God het gehoor! Na Jesus weet ons dat selfs die dood nie die lof uit ons liggame kan pers en die seën van God van ons kan wegneem nie. Nee, ons loof Hom nou in lewe en dood, want ons behoort aan Hom!
Ek loof U nou en vir altyd, want in U sal ek vir ewig lewe, deur Jesus Christus ons Here. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie