Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Kolossense 4:5: “Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid.”
’n Russiese spreekwoord sê dat elke dag ’n boodskapper van God is. Paulus sê ons moet elke geleentheid goed benut. Ja, elke dag is ’n geleentheid wat God ons gee. Hierdie geleentheid word tussen twee gedagtes geplaas. Enersyds moet ons onthou daar is ongelowiges wat na ons gedrag kyk. Ons moet wys optree! Aan die ander kant moet ons woorde van goeie smaak getuig (4:5).
Hierdie twee gedagtes is eintlik een. Ons tree met wysheid op deur so te praat dat dit opbouened sal wees. Ons gryp die oomblik aan wanneer ons woorde vol genade is. God gee ons elke dag hierdie geleenthede. Wanneer dit gebeur, moet ons gereed wees om rekenskap te gee van wat ons glo (4:6). Op daardie oomblik moet jy kan verwoord wat jy glo. In terme van Paulus se brief beteken dit om die wysheid wat in Christus is, te deel. Die Here gee jou die geleentheid om met sy wysheid die beeld van Christus in hierdie wêreld aan die mense rondom jou te vertoon.
Vandag is ’n boodskapper van God. Maak die beste gebruik daarvan deur wys op te tree, jou geloof te verwoord en met vrede en goeie smaak met die mense wat God op jou pad bring, te praat.
Here, God van genade, maak my oë oop vir die geleenthede wat U my vandag gee, ter wille van Christus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie