Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Kolossense 3:24: “Christus is die Here in wie se diens julle staan.”
’n Dogtertjie het uit die kerk gekom en vir haar ma gevra: “Mamma, die dominee het vanoggend iets gesê wat my baie deurmekaar maak. Hy het gesê God is groter as ons. Hy het ook gesê dat God in ons woon. As God groter is as ons, maar in ons woon, hoekom skyn Hy nie deur nie?”
Hoe skyn die Here deur jou? Hoekom werk jy? Sommige mense werk halfhartig omdat hul kanse op bevordering baie skraal is. Natuurlik ontneem hierdie situasie mense van hul motivering.
Paulus skryf aan slawe. Dit is mense wat geen regte gehad het nie. Hulle het aan hul eienaar behoort. Vir hulle sê Paulus: werk hard! Hoekom? Want jy staan nie in diens van jou eienaars nie, maar in diens van die Here! Hy is jou Bestuurder en Werkgewer. Daarom moet jy jou werk doen asof jy dit vir die Here doen en nie vir mense nie (3:23). Moenie werk om deur mense raakgesien te word nie (3:22).
Paulus stop nie hier nie. Miskien is jy ’n werkgewer. Onthou net dat jy as Christen ook onder nuwe bestuur is (4:1). Die Here in die hemel is jou Meester! Aangesien Hy in jou woon, moet Sy gesindheid ook deur jou uitstraal na diegene wat vir jou werk. Hulle behoort Christus in jou te sien.
Here, laat mense vandag sien dat U in my leef, ter wille van Jesus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie