Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 1:3: “’n Bees ken sy eienaar en ’n donkie die krip van sy baas, maar Israel ken My nie, my volk het geen begrip van wat Ek doen nie.”
’n Donkie stamp nie sy kop twee keer teen dieselfde klip nie. Miskien is dit waar van donkies, maar nie van mense nie. In Jesaja 1: 5-7 sê die profeet dat selfs hul lyding en straf onder die vyand blykbaar geen impak op hierdie mense gehad het nie. Hulle het so beslissend teen die Here gedraai dat selfs die beleg van die stad en die vernietiging van die land nog steeds nie hul rigting verander het nie (1:7-8).
Hulle is soos kinders wie se ouers hulle onvoorwaardelik liefgehad het, maar toe iemand anders as ouers aangeneem het (1:2,3).
Tog, selfs in hierdie omstandighede, het God steeds sy mense liefgehad. Hy belowe dat Hy ’n oorblyfsel sal red wanneer Hy oordeel. Ja, God het sonde gestraf, maar Hy kon nie sy volk heeltemal uitwis nie (1:9). As gelowiges in Christus sien ons hoe hierdie woorde van Jesaja na ’n Verlosser verlang het. God het die vloek van ons sonde op Sy Seun, Jesus Christus, geplaas. Kan daar ooit groter liefde as dit wees? Kan sulke liefde weerstaan word? Ongelukkig gebeur dit, maar my gebed is dat jy dit nie sal doen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie